Voetstoots

NB Publishers

Regular price R 297.50

Shipping calculated at checkout.

’n Aangrypende roman oor die lotgevalle van die gewone mens in ’n samelewing waar geweld net onder die oppervlak lê. Die vreemdeling August vestig hom op ’n klein Weskusdorp om sy redigeringswerk aan ’n pas ontdekte dagboek van ’n 18de eeuse ontdekkingsreisiger af te rond. Onverwags bevind August homself op die drumpel van ’n vertroostende verhouding met 'n polisievrou. Die liefde wat tussen hom en Tessa ontstaan, word egter bedreig deur die terugkeer van Tessa se man. Soos in John Miles se vorige roman, Die buiteveld, word die kompleksiteit van ’n mens se verlede deurgetrek na die sosiaal-politieke situasie van die dag met verwysings na die skuld oor die koloniale verlede en veral oor apartheid. “Die verlede is ’n denkbeeld waarvan jy nie kan loskom nie,” besef August.

John Miles