Vers en vlam Poësiebloemlesing GR10 EAT (Studiegidswerk)

NB Publishers

Regular price R 127.50

Shipping calculated at checkout.

Hierdie studiewerkgids vir leerders en onderwysers kan saam met Vers en vlam:’n poësiebloemlesing vir graad 10 EAT gebruik word. Die gids verskaf bykomende inligting, vrae en opdragte by die voorgeskrewe gedigte. Die aanslag is toeganklik en informeel, en gerig op die leerder.

Die studiewerkgids bevat onder meer:
- ’n voorwoord wat verduidelik hoe die gids gebruik moet word;
- verduidelikings van alle literêre begrippe wat volgens die KABV vir EAT aangedui word;
- pre-, tydens en post-lees-aktiwiteite wat toeligting, ontleding en vrae bevat;
- kort opsommings van die inhoud van elke gedig in Afrikaans en Engels;
- addisionele woordverklarings wat nie in die voorgeskrewe poësiebloemlesing verduidelik word nie;
- onderrigvrae opgestel volgens die KABV, met ruimte vir die leerder om sy antwoord neer te skryf;
- verdere verrykende inligting, wenke en bronne;
- ’n memorandum sal op die uitgewer se webwerf beskikbaar gestel word, met die denkvlakke volgens Barret se taksonomie aangedui.

René Badenhorst, Marianne Ross, Ilna Stander, Wilreza Theron