Storieman Omnibus 3 (+2 Oudio CD's)

NB Publishers

Regular price R 187.00

Shipping calculated at checkout.

Storieman Omnibus 1 en Omnibus 2 wat in 2012 verskyn het, was ongetwyfeld 'n reusesukses. Nou volg ook 'n derde omnibus, met nóg gewilde verhale waarvoor elke Storieman-aanhanger reeds angstig wag! Hierdie omnibus-uitgawe sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in. In hierdie uitgawe is Gobbolino, die geliefde heksekat, weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos “Die gelukkige prins”, “Die Gobbelrot” en “Die groot, harige bogman” en kom lag lekker vir stories soos “Die groot pasteiwedstryd” en “Eierdrome”.

Hier is ook feëverhale soos “Skoonlief en die ondier” en “Aspoestertjie” om weer van nuuts af te betower!

Leon Rousseau