Soos 'n Veldblom (Flexcover)

Struik Christian Media

Sale price R 175.95 Regular price R 230.00

Shipping calculated at checkout.

Soos ’n veldblom is ’n unieke kontemporêre dagstukkieboek vir vroue. Dit sal vroue van alle agtergronde help om hul identiteit en waarde in Christus te besef en te verstaan. Die boek is geskryf deur ’n span vroue wat elkeen intiem vertroud is met die probleme waarmee vroue daagliks te kampe het. Die boek bied praktiese raad om uitdagings te oorkom en bemoediging om nie toe te laat dat sorge hulle terughou van die oorvloedige lewe wat op hulle wag as dogters van God nie. Soos ’n veldblom put inspirasie uit verskeie vroue in die Bybel, en dek onderwerpe soos:
• Jy is . . . gemaak om kreatief te wees
• Jy is . . . genoeg
• Jy is . . . ’n nuwe skepping
• Jy is . . . kosbaar
• Jy is . . . uniek
• Jy is . . . lig
Elke dagstukkie bevat ’n krag-gedagte vir die dag, sowel as plek om jou eie gedagtes neer te pen.

Struik Christian Media