Santa Gamka

NB Publishers

Regular price R 276.25

Shipping calculated at checkout.

WA Hofmeyr-prys (2010) M-Net-prys vir prosa (2010) Die Karoo het te warm geword vir rentboy Lucky Marês. Op die letterlikste denkbare manier. Nóg sy gevatheid nóg sy mooi voorkoms gaan hom red. Hierdie boorling van die dorp Santa Gamka, seun van ’n plaaswerker, se geluk is uitgedien. Net sewe minute en als is verby. Dat opsluiting in ’n pottebakkersoond nou sy laaste aardse avontuur moet wees! Dit is vanuit hierdie helleput, die drumpel van die dood, dat Lucky sy kort maar avontuurryke lewe in oënskou neem: sy geboorte en sinlike ontwaking op die plaas Bethesda, sy bekendstelling aan die wêreld van woorde en boeke aan die hand van Mr D’Oliviera, sy seksuele inlywing aan die lyf van sy tante Diané en sy verkenning van nuwe horisonne agter die enigmatiese swerwerspaar Eddy en Eamonn aan. Maar eintlik vertel hy van sy sewe groot avonture, sy sewe kliënte. Die Karoo wat Venter so aangrypend deur beeld en idioom voor oë roep, is een waarin rassisme, armoede en geweld nog so aanvoelbaar teenwoordig is soos gannabos en klip. Venter toon meesterlik aan hoe politieke omwentelings immer deel is van die lewe se ewige siklusse van opkoms en val.

Eben Venter