Om die gedagte van geel

NB Publishers

Regular price R 199.75

Shipping calculated at checkout.

’n Ongewone bundel deur een van die voorste en gewildste digters in Afrikaans. Dit is gewy aan die son, wat in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Aan die een kant skakeer die geel uit na wit – hoofsaaklik van die maan – en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami’s. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe. Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke – in antieke Griekeland, Afghanistan, Mexiko, Tibet, Rusland en Malta – maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê, “in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê”. Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook vertellende verse waarin ’n oombliklike insig in ’n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters – die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie uit Müller se kortverhale, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en ’n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die “woeste” Pa. “Die leser kan haar of hom gewoon oorgee aan die vreugde van die poësie soos dit naatloos van bladsy tot bladsy voortstroom.” – André P. Brink


Petra Müller