Nuwe Kinderverseboek

NB Publishers

Regular price R 327.25

Shipping calculated at checkout.

Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, is die nuutste, lekkerste, opwindendste versameling kinderverse in Afrikaans!
Dit bied by die driehonderd byderwetse verse spesiaal geskryf vir die Afrikaanse kind van die 21ste eeu. Van tel- en toontjierympies vir die kleuter, verspotte verse vir die vroeë skoolganers, tot die aanraak van belangrike temas vir die amper-tieners, is Nuwe Kinderverseboek 'n versameling wat jong lesers inlei in die heerlike, avontuurlike reis van poësie.

Maja Sereda, Dale Blankenaar, Tamsin Hinrichsen