Helde van Suid Afrika 2 (7+)

Lapa

Regular price R 123.25

Shipping calculated at checkout.

Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken ’n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. Sultan, die koning van sy baas se hart
2. Die bushelde van Westdene
3. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop
4. Duisend kilometer deur die wildernis
5. Kaalvuis teen tonne rots
6. Klara Majola, kind van die kapok
Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak.

Wendy Maartens