Engele Op 'n Missie Omnibus (Sagteband)

Struik Christian Media

Regular price R 212.46

Shipping calculated at checkout.

In Waar engele wandel doen Tyler Ames – 'n professionele bofbalspeler – ’n besering op wat sy loopbaan beëindig, en vind hy uit dat sy groot liefde Sami Dawson aanbeweeg het. Wanneer 'n reeks wonderwerke hom lei om vriende te raak met 'n ou dame wat aan Alzheimers ly, besef hy dat sy dalk net die antwoorde het waarna hy so desperaat op soek is.
In Dans van die engele ontmoet ons vir Mary Catherine. Sy is aangetrokke tot bofbalspeler Marcus Dillinger en werk as vrywilliger saam met haar kamermaat, Sami, by ’n plaaslike jeugsentrum. Maar alles verander toe sy verpletterende nuus van haar dokter kry wat haar toekoms onherroeplik verander.

In Onder engele-vleuels besluit Mary Catherine om na Uganda te trek en by ’n weeshuis te werk. Marcus vertrek op 'n desperate soektog na Mary Catherine en die engele in hul midde doen alles wat hulle kan om seker te maak dat hul missie slaag.

Karen Kingsbury