Ek lees self 12 Jakkals en Wolf en die klip

Lapa

Regular price R 55.25

Shipping calculated at checkout.

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker. Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam.
Hulle vang vis, maak ’n draai in Boer se skaapkraal om ’n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam ’n huis.
Maar die skelm Jakkals is gedurig besig om vir arme ou Wolf ’n streep te trek of nare poetse op hom te bak. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

Wendy Maartens