Duiwelskloof (Sagteband)

NB Publishers

Regular price R 293.25

Shipping calculated at checkout.

WA Hofmeyr-prys 1999 André P Brink op sy onverbeterlike beste. In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein-Karoo het ’n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. ’n Eeu en ’n half later bring ’n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot ’n uitbarsting. Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner, wat met ’n mislukte huwelik, ’n mislukte loopbaan en ’n mislukte lewe agter hom, van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf. Hy raak verseil tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar rondom versin. Onbeteuelde humor, ’n onheilspellende opbou van bose magte, ’n wemeling van stories, ’n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, ’n hellevaart, ’n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, ’n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding – dit alles is Duiwelskloof.

André Brink