Drieklawerblaar

NB Publishers

Regular price R 267.75

Shipping calculated at checkout.

In haar jongste roman, Drieklawerblaar, verweef Christine Barkhuizen-le Roux die verhale van drie eiesoortige hoofkarakters: Kate Jooste, ’n afgetrede en deur skuld gedrewe verpleegster, Tinneke le Grange, gastehuiseienaar en weduwee, wat met haar eie verwyte loop, en haar bitter en koppige buurman, Abel Marais, ’n wildboer in die Klein-Karoo. ’n Man met ’n missie.
Ná haar aftrede gaan soek Kate, met jarelange vrae in haar binneste, na Abel op sy wildplaas: hoe het haar Ierse oumagrootjie in hierdie dorre streek beland? Wat het alles op hierdie stuk grond afgespeel? Terselfdertyd sien ons Abel se gemoeidheid met sy familiegeskiedenis – sy Hugenote-herkoms lei hom na die Franse platteland, waarna hy hom kom vestig op ’n stuk grond digby sy oupa se plaas van vroeër. En dan is daar Tinneke wat moet vrede maak met haar man se dood en die feit dat sy hom verloor het, lank reeds voor sy sterwe.

Christine Barkhuizen le Roux