Ditsem, Dawid

NB Publishers

Regular price R 120.70

Shipping calculated at checkout.

"Hoe kan julle jagters wees en lief vir die natuur?" "Dis 'n kwessie van balans, my boetie. Ons sal jou nog leer." "Vergeet dit, ek roei nie uit nie." "Ons jag," se? ek, "ons roei g'n uit nie." "Die verskil is dieselfde," hou Achmat vol. Dawid Kroukamp beland op die jagveld saam met ouens wat hy nie eens behoorlik ken nie. Hy's die nuwe ou in die skool en tot voor Saterdag was hy maar net die eerste span se reserwe. Toe kry Boela seer ... Op Renosterpoort kry Dawid nou sy tweede kans om homself te bewys. Gelukkig kan hy skiet --
of so het hy gedink, want saam op die jagveld is Ernesta, wat beter kan jag as enige seun. Sy's ook baie mooi, maar tot onlangs toe was sy nog Boela se meisie ... Al hierdie dinge word skielik minder belangrik toe stropers op die buurplaas toeslaan. Hans du Plessis, kom nou met 'n spannende, maar ook romantiese avontuurverhaal vir vandag se tieners.

Hans du Plessis