Diereverkenners:Lola en die singende orgidee

Lapa

Regular price R 127.50

Shipping calculated at checkout.

Is jy gereed om te gaan verken?
Lola die ysbeer is op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur! Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan.
Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie.
Kom saam met Lola op ’n pret belaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plant soekers.
Waarheen sal jou avonture jou neem?

Met pragtige, skerp illustrasies en stories wat op ware verkenners gebaseer is, is Diereverkenners ’n reeks wat kinders sal inspireer om hulle drome te volg.

Sharon Rentta