Die meisie wat gedink het haar ma is 'n meermin

Lapa

Regular price R 170.00

Shipping calculated at checkout.

’n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water …
Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ‘n hangertjie gegee wat “die belofte van die see” genoem word? Niemand kan vir Stella antwoorde gee nie omdat haar pa te hartseer is en haar ouma se geheue versleg. Dit is net deur die see te trotseer, dat Stella regtig die antwoord op haar grootste vraag kan uitvind: Was haar ma ’n meermin?
’n Aangrypende verhaal oor familie, verlies, vriendskap en ontdekking. Tania Unsworth meng fantasie en realiteit in ’n boeiende, poëtiese wyse wat steeds ’n vinnige pas het vir jong lesers. Hierdie is ’n boek wat enige leser sal meesleur met dieselfde magiese, emotiewe krag van die oseaan.

Die boek bevat pragtige, liriese prosa wat fantasie en realiteit meng in ’n poëtiese avontuur. Met temas soos verlies, hartseer, rou, vriendskap en ontdekking is hierdie boek ’n moet-lees. Dit is die eerste van sy soort in Afrikaans. Ander boeke deur Tania Unsworth sluit in: The Secret Life of Daisy Fitzjohn en The One Safe Place.

Tania Unsworth