Die Gesprek (Sagteband)

Struik Christian Media

Regular price R 102.00

Shipping calculated at checkout.

Hierdie boek is ’n wonderlike hulpmiddel om jou en jou kind te help om seksualiteit op ’n gesonde en lewegewende manier te ontdek.
As ’n ouer is een van die vrae waarvoor ons nooit regtig gereed is nie, wanneer jou kind skielik vra: "Waar kom babas vandaan?" Om met ons kinders oor seks te praat behoort nie ’n ongemaklike gesprek te wees wat ons eerder probeer vermy nie. Ons moet dit eerder sien as ’n noodsaaklike geleentheid beskou om met ons kinders te gesels en hulle met Godvresende kennis toe te rus vir gesonde toekomstige verhoudings. Dié gesprek: Bytjies, blommetjies en kosbare lewens is ’n gids wat jou sal help om vrae soos waar babas vandaan kom op ’n reguit en eerlike, maar tog sagte manier te beantwoord. Dit spreek onderwerpe soos liefde, seks, bevrugting en geboorte aan, en vier die wonder en doel van ’n mens se lewe. Dit sluit ’n woordelys van terme en nuttige wenke vir ouers en voogde in, en is ’n wonderlike hulpmiddel om jou en jou kind te help om seksualiteit op ’n gesonde en lewegewende manier te ontdek.

Christy Herselman