Die Alfa Dokument

Lapa

Regular price R 238.00

Shipping calculated at checkout.

Geloof en mag sorg vir ’n dodelike kat-en-muis speletjie...
Nadat die biljoenêr, Nico Cohen, die stigter van die Nikolaïete ? berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela (’n loskop sosiale vlinder), sy posisie. Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, die Groot Ses, raak vinnig van haar en haar suster ontslae. Michaela word met weggesteekte dwelms betrap en lewenslank in ? Thaise tronk opgesluit. Haar jonger suster, Michelle, word na ? klaarblyklike ineenstorting in ? Italiaanse kliniek opgeneem.
Michaela sou die res van haar lewe in die tronk slyt, was dit nie vir die Bybelsmokkelaar en voormalige Britse soldaat, Josh Young, nie. Hy vermoed sy swanger vrou is deur die Orde vermoor en wil hulle ontmasker vir wie hulle werklik is. Slegs met Michaela se kennis oor die organisasie kan hy die hart van die Orde binnedring en die Groot Ses se duistere geheime ontbloot. Hierdie geheime is saamgevat in die verlore Alfadokument wat hulle nou moet opspoor.
Josh ontdek intussen dat sy vermoorde vrou, Daniëlla, met ? magdom geheime van haar eie gesit het. Die Polisie verdink Josh nou van haar moord en boonop probeer die Orde se jaghonde hom vermoor noudat hy hulle voortbestaan bedreig. Josh vlug uit Kaapstad saam met die Orde se paniekerige motorwerktuigkundige, Krisjan Coetzee, wat ook vir sy lewe vrees. Hulle kry Michaela uit die tronk, maar van dié sosiale vlinder het niks oorgebly nie. Sy het in ’n gevoellose vegmasjien ontaard wie se gefokusde wraaksug maak dat sy die Groot Ses een vir een wil vermoor ten koste van haarself.
Josh het sy hande vol om haar bloedlus te beheer, maar besef nie dat Vaughan, haar voormalige verloofde, die mees afgryslike sondes teen haar gepleeg het nie. Josh en Michaela veg beide met spoke van hulle onderskeie verledes wat dreig om hulle saak in die wiele te ry. Die roekelose jaagtog tussen hulle en Vaughan om die Alfadokument eerste op te spoor neem hulle van Thailand, deur die Wadi woestyn in Egipte na Italië, Frankryk, Engeland en Ierland, na waar die geheimsinnige leidrade hul lei. Die sielsiek Vaughan is bereid om alles van verkragting tot moord te gebruik om die dokument vir homself in te palm.
Intussen is die Orde met veel erger ongerymdhede besig wat niemand voorsien het nie, selfs nie eens Michaela en Josh nie. ? Groter plan is besig om die monster wat die Orde geword het, nog meer energie te gee en net Josh en Michaela kan dit stop.

René van Zyl