Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die soutwatergogga

Lapa

Regular price R 110.50

Shipping calculated at checkout.

Heehah! Cowboy Koekemoer en Shorty is terug …

Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug vir die vierde boek in die Cowboy Koekemoer-reeks. Hulle is gereed om enige probleem op te los – al is dit tydens hulle vakansie. Kaptein Superkoos het ‘n probleem wanneer niemand meer na die strand gaan waar hy sy kokosneute verkoop nie. Almal is te bang vir die soutwatergogga wat in die water leef. Almal behalwe Cowboy Koekemoer en Shorty, natuurlik.

Die Cowboy Koekemoer-boeke is toeganklike fiksie veral vir trae lesers. Hierdie is die vierde boek in die Cowboy Koekemoer-reeks. Vorige titels in die reeks is: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo; Cowboy Koekemoer en die seerower van Watsenaam en Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda.

Henry Ferreira