Boodskapper van die gode

Lapa

Regular price R 221.00

Shipping calculated at checkout.

Fabels en fantasieë deur Murray La Vita

Boodskapper van die gode is ? keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays. Sy aangetrokkenheid tot dit wat ongewoon en aweregs is, vind in talle van die 104 stukke in hierdie bundel neerslag. Ervarings uit sy kinderdae en jeug word afgewissel met belewenisse tydens reise na stede soos New York, Parys, Rome en Amsterdam. Hy skryf oor waarom hy nie die Anne Frank-huis kon besoek nie, vergrype op eilande, hoe hy en sy nefie as vyfjariges oorlog ontdek het, eerste liefde op sy hartsplek Hangklip, en hoe sy geliefde vriendin in ? heks verander het. Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie stories sal aantref, is daar ook heerlike humor en absurditeite.

Murray La Vita