Babalela-storieboek, Die

Lapa

Regular price R 0.00

Shipping calculated at checkout.

Diep, diep in ’n donker bos
waar die son net soms deur die takke loer,

diep, diep in ’n donker bos

waar die varings welig diepgroen staan,

diep, diep in ’n donker bos,

in ’n hol boomstomp, net onder ’n blaar,

woon die Babalela.

Duisende Afrikaanse kleuters ken die betowerende openingsrefrein van Martie Preller se immergewilde, bekroonde Babalela-boeke. Meer as 85 000 eksemplare van die vier titels in die reeks is verkoop, die Babalela-verhoogstuk het die land platgetoer en danksy ’n Babalela-pop, -T-hemde en ’n CD het dié pers bosbewonertjie diep in kinderharte gekruip.

Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos – en beleef hope avonture!

Vir die eerste keer verskyn al vier Babalela-boeke nou saam in een storie-omnibus. Dit sluit vier stories in:

* Babalela

* Diep, diep in ’n donker bos

* Los ons uit!

* Ons kan!

Martie Preller