Aanspraak van lewende wesens, Die

NB Publishers

Regular price R 280.50

Shipping calculated at checkout.

Hertzogprys vir Afrikaanse Prosa 2013; W.A. Hofmeyr-prys vir Beste Afrikaanse Literêre Werk in alle Genres 2013; Wenner van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012 Komies, hartroerend, meditatief, verruimend, briljant. Hierdie roman deur een van die groot skrywers in Afrikaans bied ’n blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang. Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies kniehalter. Intussen word Maria Volschenk op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad. Winterbach het in 2004 ook die Hertzogprys vir Afrikaanse Prosa vir haar roman Niggie ontvang.

Author: Ingrid Winterbach