18-44 Trilogie, Die

NB Publishers

Regular price R 374.00

Shipping calculated at checkout.

Drie satires – 18-44, Isis Isis Isis en Na’va – deur een van die reuse van die Afrikaanse letterkunde, saamgevoeg en heruitgegee in een bundel. Die drie verhale het ’n sterk mitologiese raamwerk en is vol aweregse humor wat steeds tot vandag se leser spreek. Al drie het ’n “knolskrywer” as sentrale karakter en waarnemer. 18-44 gaan oor die korrespondensie tussen die anonieme 44-jarige knolskrywer, mnr. Y, en ’n onbekende 18-jarige kunsstudent, mej. X. Onderliggend in Isis Isis Isis is die Egiptiese Isis se soektog na die lyk van Osiris. Dié roman gaan oor die knolskrywer se Europese besoek, sy ontmoeting met ’n aantal vroue, en sy poging om die stukke van die verminkte Osiris weer bymekaar te bring (die knolskrywer se poging tot heling). Na’va gaan oor Georgie, die knolskrywer se nefie wat selfmoord gepleeg het. Die lang begrafnisfees raak ’n besinning oor die lewe en die dood. Die strewe in 18-44 na “‘n beter begrip van die lewenstragiek”, en die “raserny om die lewe te verstaan” in Isis, Isis, Isis, is vandag nog net so geldig, juis in hierdie “Afrika en sy menigvuldige probleme”. Leroux dwing ons om opnuut die mistiek in die lewe met verwondering en selfs verbystering te beleef.

Etienne Leroux